Gaan na inhoud

2010 RF12

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2010 RF12
Ontdekking
Ontdek deur: Mount Lemmon-opname
Wenteleienskappe
Afelium: 1,261 AE
Perihelium: 0,86155 AE
Halwe lengteas: 1,0615 AE
Eksentrisiteit: 0,18834
Baanhelling: 0,88264°

2010 RF12 is 'n baie klein asteroïed, wat geklassifiseer is as 'n nabyaardevoorwerp van die Apollo-groep. Dit het op 8 September 2010 tussen die Aarde en die Maan deur beweeg en bo Antarktika sowat 79 000 km van die Aarde af gekom.[1] Die asteroïed is op 5 September 2010 deur die Mount Lemmon-opname in Arizona ontdek saam met 2010 RX30.[2][3] Weens 'n kort waarnemingstydperk van sewe dae is dit vir 12 jaar geklassifiseer as die asteroïed met die grootste kans om die Aarde te tref.[4]

2010 RF12 is in Augustus 2022 herontdek[5][2] en het nou 'n waarnemingstydperk van 12 jaar. Sy wentelbaan is dus beter bekend. Met die tyd van 2022 se oorsig, wat niegravitasionele kragte in ag geneem het,[6] was daar 'n kans van 1 uit 10 dat dit die Aarde op 5 September 2095 kan tref.[7]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "Harvard scientists keep an eye on wayward asteroids". Boston Globe Media Partners. 8 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2010. Besoek op 21 Januarie 2020.
  2. 1 2 "2010 RF12". Minor Planet Center$. 8 September 2010. Besoek op 21 Januarie 2020.
  3. ↑ "Second Asteroid to Buzz Earth Later Today". National Geographic. 8 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2010. Besoek op 21 Januarie 2020.
  4. ↑ "Sentry Risk Table". NASA/JPL Near-Earth Object Program Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2010. Besoek op 23 Desember 2022.
  5. ↑ "MPEC 2022-S77 : 2010 RF12". IAU Minor Planet Center. 19 September 2022. Besoek op 19 September 2022.
  6. ↑ "JPL Small-Body Database Browser: (2010 RF12)" (2022-08-24 last obs.). Jet Propulsion Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2022. Besoek op 23 Desember 2022.
  7. ↑ "Earth Impact Risk Summary: 2010 RF12". NASA/JPL Near-Earth Object Program Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2017. Besoek op 23 Desember 2022.

Skakels

[wysig | wysig bron]