Gaan na inhoud

San Diego

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Stad San Diego

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County San Diego
 Koördinate 32°43′N 117°10′W / 32.717°N 117.167°W / 32.717; -117.167
 Gestig op 16 Julie 1769
 Geïnkorporeer op 27 Maart 1850
 Oppervlakte:  
 - Totaal 964,57 vk km
 Hoogte bo seevlak 485 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020-sensus) 1 386 932
 - Bevolkingsdigtheid 1 643/vk km
 - Metropolitaanse gebied 3 298 799
 Tydsone UTC -8 (PST)
 Somertyd UTC -7 (PDT)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 18,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 14,7 / 21,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 249 mm
 Burgemeester Todd Gloria (D)
 Amptelike Webwerf sandiego.gov

San Diego (Engels: [ˌsæn diˈeɪɡoʊ], ; Spaans: [san ˈdjeɣo]) is 'n hawestad in die suide van die deelstaat Kalifornië (Verenigde State), 119 myl suid van Los Angeles digby die grens met Meksiko geleë, met sowat 1,4 miljoen inwoners (2020). Dit is die administratiewe hoofstad van San Diego County. San Diego is die tweede grootste stad in Kalifornië ná Los Angeles en die sewende grootste in die Verenigde State.

San Diego is naas Los Angeles een van twee moderne Kaliforniese metropole wat hul oorsprong in Spaanse sendingstasies het. Die Rooms-Katolieke sending San Diego de Alcalá is in 1769 deur Junípero Serra gevestig

San Diego staan bekend vir sy gematigde klimaat en talle strande. Die stad se ontspanne leefstyl en strandkultuur, met duisende sonbaaiers en sportgeesdriftiges wat hul gebruinde en goed-geoefende liggame langs die Stille Oseaan-sandstrande vertoon, het aan San Diego die bynaam Sandy Ego besorg.

Sedert die tyd van die Tweede Wêreldoorlog huisves San Diego 'n groot aantal instellings van die Amerikaanse Vloot soos militêre hawens, en basisse van die Amerikaanse Marinierskorps en die Amerikaanse Kuswag. Die stad is die tuishawe van die grootste militêre vloot ter wêreld, met onder meer slagskepe en vliegdekskepe soos die USS Nimitz en die USS Ronald Reagan. 'n Aantal vlootskepe is ter ere van die stad USS San Diego genoem.

Die snelsgroeiende moderne bedryf is biotegnologie. Qualcomm, 'n wêreldleier op die gebied van selfoontegnologie, het sy hoofkantoor in San Diego.

Geografie en klimaat

[wysig | wysig bron]
Nasa-satellietbeeld van San Diego (bo) en Tijuana (onder)
Die grens tussen San Diego, Kalifornië (links), en Tijuana, Meksiko (regs)

San Diego lê teen 'n kunsmatige hawe aan die suidelikste punt van Kalifornië, sowat twee en 'n halfuur se motorrit van Los Angeles in die noorde en 'n halfuur se motorrit van die Meksikaanse stad Tijuana in die suide. Die stad word in die weste deur die Stille Oseaan begrens, terwyl 'n bergreeks en die Anza-Borrego-woestynpark 'n natuurlike grens in die ooste vorm. Die stadsgebied brei steeds verder uit na die binneland en in die rigting van die Meksikaanse grens.

San Diego se subtropiese klimaat word dikwels "perfek" genoem. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 21°C, die gemiddelde reënval per maand is slegs 24 mm. Die winters is baie matig met 'n gemiddelde temperatuur van 14°C.

Ekonomie

[wysig | wysig bron]

Naas die Amerikaanse Leër en Vloot is die telekommunikasie- en biotegnologiese bedrywe die belangrikste werkverskaffers.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie San Diego.
  • (en) Toerisme-inligting oor San Diego op Wikivoyage
  • (en) Amptelike webwerf
  • (en) "San Diego". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Junie 2026.