Gaan na inhoud

Labradorsee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Labradorsee

Laat sononder oor die Labradorsee aan die kus van Paamiut, Groenland

Kaart van die Labradorsee
Koördinate:61°N 56°W / 61°N 56°W / 61; -56
Ligging:Groenland, Kanada
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:841 000 km² (324 700 myl²)
Gemiddelde diepte:1 898 m (6 227 vt)
Maksimum diepte:4 316 m (14 160 vt)
Eiland/e:Baffin-eiland, Groenland
Nedersettings:Nuuk
Ligging van die Labradorsee

Die Labradorsee (Deens: Labradorhavet, Engels: Labrador Sea, Frans: Mer du Labrador) is 'n see van die Atlantiese Oseaan tussen Newfoundland en Labrador in die suidweste, Baffin-eiland in die noordweste en Groenland in die noordooste. Die Labradorsee word deur die Hudson-straat tussen Baffin-eiland en Labrador-skiereiland met die Hudsonbaai in die weste en deur die Davis-straat tussen Baffin-eiland en Groenland met die Baffinbaai in die noorde verbind.[1] Die see het 'n oppervlakte van sowat 841 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 1 898 m. Die see is genoem ná die Portugese ontdekkingsreisiger João Fernandes Lavrador, wat die kus van die Labrador-skiereiland in 1497 saam met John Cabot verken het.[2][3]

Die belangrikste nedersetting aan die see is Nuuk (Deens: Godthåb), die hoofstad van Groenland.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "Labrador Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 18 Julie 2017.
  2. ↑ (en) "The Portuguese Explorers". Memorial University of Newfoundland. Besoek op 18 Julie 2017.
  3. ↑ (en) Hamilton, William B. (1978). The Macmillan book of Canadian place names. Toronto: Macmillan of Canada. p. 105.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]