Gaan na inhoud

Nederlands

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Nederlanders.
Nederlands  
Uitspraak: [ˈneːdərlɑnts]
Gepraat in: Nederland, België en Suriname, ook op Aruba, Curaçao en Sint Maarten, daarna vooral in die Verenigde State, Kanada, Frankryk, Duitsland, Australië, Nieu-Seeland, Indonesië en Suid-Afrika. 
Gebied: Wêreldwyd
Totale sprekers: 24 miljoen (moedertaal)[1][2]
30 miljoen (totaal)[3] 
Rang: 37–48
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Nederlands 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Benelux
Flag of Europe Europese Unie
Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
Vlag van Aruba Aruba
Vlag van België België
Vlag van Curaçao Curaçao
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Sint Maarten Sint Maarten
Vlag van Suriname Suriname
Gereguleer deur: Nederlandse Taalunie
Taalkodes
ISO 639-1: nl
ISO 639-2: nld
ISO 639-3: nld 
Verspreiding van Nederlands in die wêreld

Nederlands ([ˈneːdərlɑnts] ) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 30 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België (amptelike taal van die Belgiese deelstaat Vlaandere en naas Frans is Nederlands ook een van die twee amptelike tale in die Brusselse Hoofstedelike Gewes