Gaan na inhoud

Primecoin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Primecoin-logo bestaan uit die Griekse letter Psi.

Primecoin (afkorting: XPM) is ’n kriptogeldeenheid wat ’n bewys-van-werk-stelsel implementeer wat soek na kettings van priemgetalle.[1][2]

Primecoin is op 7 Julie 2013 bekendgestel deur Sunny King, wat ook Peercoin gestig het.[3][4]

Anders as ander kriptogeldeenhede, wat gemyn word met algoritmes wat wiskundige probleme oplos sonder eksterne waarde, behels die myn van Primecoin die produksie van kettings van priemgetalle (Cunningham- en tweeling-priempare). Hierdie is nuttig vir wetenskaplikes en wiskundiges en voldoen aan die vereistes van ’n bewys-van-werk-stelsel: dit is moeilik om te bereken, maar maklik om te verifieer, en het ’n aanpasbare moeilikheidsgraad.[5][6][3][7][4][8]

Kort na die bekendstelling het sommige handelsjoernale berig dat die toevloed van meer as 18 000 nuwe gebruikers wat Primecoin wou myn, diensverskaffers van toegewyde bedieners oorweldig het.[6][9] Dit is as een van die top tien geldeenhede voor 2014 gerangskik.[10]

Primecoin het ’n bloktyd van een minuut, verander die moeilikheidsgraad met elke blok, en het ’n blokbeloning wat ’n funksie van die moeilikheidsgraad is.[3][8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ Learning Bitcoin. Packt Publishing. 30 Oktober 2015. ISBN 978-1-78528-615-5.
  2. ↑ Cryptoeconomics: Economic Mechanisms Behind Blockchains. Cambridge University Press. 28 Februarie 2024. ISBN 978-1-009-02815-8.
  3. 1 2 3 Franco, Pedro (21 Oktober 2018). Understanding Bitcoin: Cryptography, Engineering and Economics (in Engels). Chichester, West Sussex, UK: John Wiley & Sons. pp. 175-76. ISBN 978-1-119-01914-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2018.
  4. 1 2 Peck, Morgen E. (29 April 2014). "Bitcoin Vies with New Cryptocurrencies as Coin of the Cyber Realm". Scientific American (in Engels). Besoek op 17 November 2018.
  5. ↑ "Exploring Primecoin: An Alternative Cryptocurrency Project - Codemotion". Codemotion Magazine (in American English). 16 November 2020. Besoek op 12 Julie 2022.
  6. 1 2 Clark, Jack (16 Julie 2013). "Virtual currency speculators shut down cloud". The Register. Besoek op 17 November 2018.
  7. ↑ Pirjan, Alexandru; Petrosanu, Dana-Mihaela; Huth, Mihnea; Negoita, Mihaela (2015). "Research issues regarding the Bitcoin and Alternative Coins digital currencies". www.thefreelibrary.com. Romanian-American University via Gale. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2018. Besoek op 17 November 2018.
  8. 1 2 Gibbs, Samuel (28 November 2013). "Nine Bitcoin alternatives for future currency investments". The Guardian (in Engels). Besoek op 17 November 2018.
  9. ↑ Miller, Rich (17 Desember 2013). "Currency Miners Cause Spot Shortages of Dedicated Servers". Data Center Knowledge. Besoek op 18 Desember 2013.
  10. ↑ Gina Clarke (16 Oktober 2018). "Proof-Of-Stake Guru Sunny King: "Blockchain Is Easy - We Just Need To Use It Like A Database"". Forbes. Besoek op 2 Augustus 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]